Voedselonsekerheid neem plaaslik, internasionaal toe

Die landbouminister Calle Schlettwein sê net minder as 659 000 Namibiërs het tussen Oktober 2021 en Desember 2021 die gevaar van voedselonsekerheid geloop. Schlettwein sê die Voedsel- en Landbou-organisasie se jongste verslag oor voedselsekerheid en voeding toon dat om die teiken van geen honger teen 2030 te bereik, gesonde diëte teen laer koste gelewer moet word om by te dra tot bekostigbaarheid. Hy sê wanvoeding is ‘n groot ontwikkelings uitdaging vir Namibië en dus is ‘n uitbreiding in die aanbod van voedsame kos wat ‘n gesonde dieet vorm en ‘n verskuiwing in verbruik na sulke voedsel, nodig. Maar, dit kom nie sonder verdere uitdagings nie. Luidens die verslag het die aantal mense wat nie ‘n gesonde dieet regoor die wêreld kan bekostig nie, met 112 miljoen mense tot byna 3,1 miljard in 2020 gestyg het.