Masomela moet optree teen skelm SAPD-lede

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie doen ‘n beroep op die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, om streng standpunt in te neem teen skelm polisiebeamptes. Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat het in sy jaarverslag onthul hy ondersoek meer as 5 000 misdade wat polisielede in die 2021/2022-boekjaar gepleeg het. Dit sluit moord, poging tot moord en verkragting in. Die meeste gevalle is in KwaZulu-Natal aangemeld, gevolg deur Gauteng en die Oos-Kaap. Die kommissie se woordvoerder, Chris Nissen, sê polisiebeamptes moet in die frontlinie wees om menseregte te verdedig.