Belangrike laaste wedstryd vandag vir die Eagles

Die Richelieu Eagles speel vanoggend om half-tien teen die VSA in die laaste wedstryd van die driehoekige reeks teen Papua Nieu-Guinee en die VSA. Die wedstryd vind op Wanderers in die hoofstad plaas. Die VSA het Vrydag met 35 lopies teen Papua Nieu-Guinee gewen. Die Eagles het tot dusver sy twee eendagwedstryde teen Papua Nieu-Guinee […]

Read More

Shaningwa sê die afgelope 5 jaar vir Swapo was nie rooskleurig nie

Die Swapo-kongres gaan vandag in sy tweede dag in die hoofstad in. Die party se sentrale komitee het sy vyfjaar termynverslag vir beraadslaging tydens die kongres gefinaliseer. Volgens die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, is dit een van ‘n aantal voorbereidings wat die party onderneem het om die sukses van sy verkiesingskongres te verseker. Sy […]

Read More

Skoolkinders vier fees op Copps 94.1

Die Copps 94.1-span het te doen gekry met rusverstoring in die hoofstad, met ‘n groot groep skoolkinders wat fees gevier het. Daar is ook ‘n sekuriteitswag wat agter tralies is vir diefstal. Francois Lottering was aan diens.

Read More

Ebola: Uganda sluit sy skole

Uganda se skole is gesluit as gevolg van Ebola. Die stap is teenstrydig met die regering se amptelike standpunt dat alles onder beheer is in verband met die uitbreking. Tot dusver is 55 mense aan die virus dood met 22 waarskynlike sterftes voordat die uitbreking amptelik op 20 September verklaar is. Baie van die kinders […]

Read More

Senegal eerste Afrika-span wat in Katar wen, tuisspan effektief uitgeskakel

Senegal het die eerste Afrika-land geword om ‘n oorwinning te behaal in die Wêreldbekertoernooi in Katar. Die gasheerland is boonop op die rand om uitgeskakel te word na sy nederlaag van 1-3 teen Senegal. Die laaste keer dat ‘n Afrika-land die kwarteindronde gehaal het, was toe Ghana in 2010 deurgedring het. Katar se aanhangers sê […]

Read More

Grondhervestigingsbeleid onder die loep

Oor die jare heen is die Namibiese landbouministerie gekonfronteer en uitgedaag oor die vraag wie kwalifiseer om hervestig te word. Daarom is die ministerie besig om die Nasionale Hervestigingsbeleid van 2001 hersien. Die wetgewing is een van die instrumente wat grondherverdeling en hervestigingsprogram in die land lei. Daarbenewens was daar kommer van die publiek dat […]

Read More

Werkers by Makro betoog oor salarisse

Werkers by Makro in die buurland het vir 48 uur landwyd oor salarisse begin betoog. Die protesoptrede is deur die vakbond, Saccawu, gereël en val saam met die jaarlikse inkopieseisoen voor Kersfees, ʼn belangrike tyd vir die kleinhandelreus. Die woordvoerder van die vakbond, Sithembele Tshwete, waarsku sy lede sal ook nie môre vir diens aanmeld […]

Read More

Meer as 140 uitstallers by Pakistan-Afrika-ekspo

Die derde Pakistan-Afrika-handelsontwikkelings-konferensie en uitstalling vind vanaf 30 November tot 1 Desember in die Sandton-konvensiesentrum plaas. Meer as 140 uitstallers uit verskeie sektore sal deel vorm van die tweedaagse gratis geleentheid. Entrepreneurs sal internasionale handelsmerke kan nader vir verspreiding en om ondernemings in Suid-Afrika te bedryf. Pakistan se handels- en beleggingsverteenwoordiger in Suid-Afrika, Humaira Israr, […]

Read More

Cat Protection Society sal die feesseisoen na jou aangenome katjie omsien

Die Snout Project van die Cat Protection Society en ander dierebeskermings-organisasies sal môre by twee Kersmarkte in die hoofstad wees met meer as 30 oulike katjies wat liefdevolle huise soek. Die Droombos Kersmark begin môreoggend om half-nege en duur tot die middag halfdrie en Jenny’s Place se Kersmark begin môreoggend om nege-uur waar jy ‘n […]

Read More

Stad Kaapstad hou Rommel-tot-Kuns-ekspo

Die Stad Kaapstad het ‘n nuwe Rommel-tot-Kuns-ekspo by die Burgersentrum geopen wat vanaf vandag tot aanstaande jaar Januarie duur. Dit is gekoppel aan die geleentheid waar die Feesliggies hierdie naweek aangeskakel word met kunswerk wat deur leerders in graad sewe geskep is. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, is trots op die […]

Read More