Meer as 140 uitstallers by Pakistan-Afrika-ekspo

Die derde Pakistan-Afrika-handelsontwikkelings-konferensie en uitstalling vind vanaf 30 November tot 1 Desember in die Sandton-konvensiesentrum plaas. Meer as 140 uitstallers uit verskeie sektore sal deel vorm van die tweedaagse gratis geleentheid. Entrepreneurs sal internasionale handelsmerke kan nader vir verspreiding en om ondernemings in Suid-Afrika te bedryf. Pakistan se handels- en beleggingsverteenwoordiger in Suid-Afrika, Humaira Israr, s√™ dit is die ideale geleentheid om honderde nuwe handelsmerke, produkte, tegnologie√ę en toerusting te besigtig.