Werkers by Makro betoog oor salarisse

Werkers by Makro in die buurland het vir 48 uur landwyd oor salarisse begin betoog. Die protesoptrede is deur die vakbond, Saccawu, gereël en val saam met die jaarlikse inkopieseisoen voor Kersfees, ʼn belangrike tyd vir die kleinhandelreus. Die woordvoerder van die vakbond, Sithembele Tshwete, waarsku sy lede sal ook nie môre vir diens aanmeld nie. Tshwete waarsku oor verskerpte versetoptrede as die salarisgeskil nie besleg word nie.