Grondhervestigingsbeleid onder die loep

Oor die jare heen is die Namibiese landbouministerie gekonfronteer en uitgedaag oor die vraag wie kwalifiseer om hervestig te word. Daarom is die ministerie besig om die Nasionale Hervestigingsbeleid van 2001 hersien. Die wetgewing is een van die instrumente wat grondherverdeling en hervestigingsprogram in die land lei. Daarbenewens was daar kommer van die publiek dat die beleid hersien moet word aangesien dit nie inklusief genoeg was nie en dat sommige van die kwessies is nie uitdruklik in die dokument gedek is nie. Jona Musheko, woordvoerder van die ministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die beleid regverdig en deursigtig moet wees.