Cat Protection Society sal die feesseisoen na jou aangenome katjie omsien

Die Snout Project van die Cat Protection Society en ander dierebeskermings-organisasies sal môre by twee Kersmarkte in die hoofstad wees met meer as 30 oulike katjies wat liefdevolle huise soek. Die Droombos Kersmark begin môreoggend om half-nege en duur tot die middag halfdrie en Jenny’s Place se Kersmark begin môreoggend om nege-uur waar jy ‘n katjie kan aanneem. Ronja Lyhs, ‘n vrywillige werker van Cat Protection Society sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle sal selfs tydens die vakansie na jou kietsie kyk.