Olie val verder terug namate Covid-gevalle en onrus in China toeneem

Oliepryse het vanoggend skerp gedaal toe handel oopmaak. Die kommoditeit het Vrydag op 84 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel maar tans kos ‘n vat rondom 81 dollar. Op ‘n stadium was die koste per vat onder 81 dollar, die laagste sedert 4 Januarie vanjaar. Kenners sê die Covid-uitbreking in China en die gepaardgaande inperkings wek kommer oor vraag. Analiste sê dit is nie net China se Covid-gevalle wat kommer wek nie maar ook die politieke onsekerheid in daardie land met burgerlike onrus wat die hele naweek voorgekom het en eintlik uiters raar is in daardie land. Beijing sê hy staan by sy nul-Covid-beleid.