Walvis se waterprobleme opgelos

Die uitdagings met watervoorsiening aan Walvisbaai se reservoirs is opgelos. Die munisipaliteit het oor die naweek van die kusdorp gemaan om water spaarsamig te gebruik as gevolg van skade wat deur ooswinde aan NamWater se krag-infrastruktuur op die dorp aangerig. Sommige dele van die dorp het geen water gehad nie terwyl ander weer uiters lae waterdruk ervaar het. NamWater se uitvoerende hoof Abraham Nehemia het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.