LPM baklei vir Pos 1 & 3 se watergehalte

Volgens die LPM-party is die water wat aan verskeie nedersettings by Epukiro verskaf nie geskik is vir menslike gebruik nie. Plaaslike media berig dat die party monsters deur NamWater laat ontleed het en sê daar is bevind die water is in klas-D, wat nie geskik is vir menslike gebruik nie. Die party het reeds gekommunikeer met landbouminister Calle Schlettwein in die verband en daar word geëis dat drinkbare water per pyplyn, soos vroeër beplan was, na Pos 1 en 3 by Epukiro, voorsien word. Die kiesafdeling is onder Swapo-beheer sedert onafhanklikheid en die LPM beywer hom reeds  ‘n geruime tyd om dit oor te neem.