Kanada vat sy heel eerste Davisbeker

Felix Auger-Aliassime het Kanada gehelp om sy eerste Davisbeker te wen deur Australië in die eindstryd in Malaga, Spanje, te klop. Denis Shapovalov het Thanasi Kokkinakis in die eerste wedstryd van die ronde met 6-2 en 6-4 geklop om Kanada ‘n voorsprong te gee. Auger-Aliassime, die wêreld se nommer ses, het daarna Alex de Minaur met 6-3 en 6-4 afgeransel om sy land ‘n onbetwisbare voorsprong van twee-nul te gee. In ‘n droom-week het Kanada ook met Duitsland en Italië afgereken. Auger-Aliassime sê die hele span het ontwikkel sedert hulle in 2019 die eindstryd verloor het: