Tuisskoling word ‘n opsie vir ouers, en dis nie oor geld nie

Ekonome het voorspel dat talle ouers moontlik hul kinders uit formele skole sal verwyder as gevolg van ekonomiese druk en hulle eerder in tuisskool-programme plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Monja Gouws, mede-stigter van die Homeschooling Association of Namibia gesels en sy sê hulle het talle nuwe aansoeke, maar nie as gevolg van ekonomiese uitdagings nie.