Twitter moet terreur, geweld monitor – Ardern

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, sê hulle gaan aanhou vra dat Twitter alles moontlik doen om aanlyn inhoud oor terrorisme en uiterste geweld te verminder. Dit volg nadat beeldmateriaal van die Christchurch-aanval verwyder is kort nadat die Nieu-Seelandse regering Twitter daarvan in kennis gestel het. Die videogrepe wat deur die Australiese aanvaller verfilm is, wat 51 Moslem-aanbidders in 2019 by twee moskees in Christchurch doodgemaak het, is Saterdag deur sommige Twitter-gebruikers opgelaai. Ardern sê Twitter het nie daarin geslaag om die inhoud as gevaarlik te eien nie.