Kommer oor afname in bloukraanvoëls

Namibië se bloukraanvoël-bevolking is meer bedreig as die ikoniese swartrenoster. Die aantal bloukraanvoëls het tot ongeveer 19 voëls afgeneem, volgens die syfers van die April 2023-telling. Daar word vermoed dat mense bloukraanvoëls noord van die Etosha Nasionale Park vir die pot skiet, aangesien hulle glo baie ander beskermde voëlspesies daar doodmaak, insluitend flaminke en neushoringvoëls. […]

Read More

Outa maak beswaar teen Eskom se vrystelling

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het beswaar gemaak teen die Nasionale Tesourie se voorstel om Eskom vir drie jaar vry te stel van die bekendmaking van onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes in sy jaarstate. Die kennisgewing in die Staatskoerant wat die vrystelling verleen, is ná openbare besware teruggetrek en vervang met ‘n oproep om kommentaar […]

Read More

Italiaanse strandlisensies nie meer geërf  

Die Europese geregshof in Luxemburg het beslis dat Italiaanse strand-lisensies onderworpe moet wees aan deursigtige en onpartydige prosesse. Dié beslissing vergroot die druk op die regering om mededinging in die bedryf te verbeter. Lisensies vir die verskaffing van strandstoele en -sambrele is tradisioneel familie-ondernemings en die lisensies word van gesag tot geslag oorgedra. Die hofbeslissing […]

Read More

Wes-Kaap kry beleggings van meer as R4 miljard

Die Wes-Kaapse toerisme-, handel- en beleggingsbevorderings-agentskap, Wesgro, sê hy kon reeds tot op datum, meer as 4 miljard Suid-Afrikaanse rand se nuwe direkte belegging na die provinsie lok. Die beleggings sal na verwagting meer as 1 500 werksgeleenthede in verskeie van die Wes-Kaap se grootste ekonomiese sektore skep. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent […]

Read More

Maasbanker-veiling bring N$52,3 miljoen in  

Die Namibiese ministeries van finansies en vissery beskou die maasbanker-veiling as ‘n sukses. In totaal het die maasbanker-veiling ‘n totaal van 52,3 miljoen Namibiese dollar verkry uit die verkoop van 28 500 metrieke ton, insluitend 11 000 dollar wat uit aansoekfooie ingesamel is. Daar was verbeterde pryse van die reserweprys van 3 000 dollar tot […]

Read More

Sesde beskuldigde van Bester-saak in hof

Die sesde beskuldigde in die Thabo Bester-saak het vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Die werknemer van die sekuriteitsmaatskappy, Motanyane Masukele, is aangekla van regsverydeling en omdat hy Bester bygestaan het met sy ontsnapping. Volgens berigte was hy ‘n veiligheidswag by die Mangaung-korrektiewe-sentrum toe die ontsnapping plaasgevind het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in die […]

Read More

VN-hoof neem deel aan bemiddeling in Soedan

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, gaan deelneem aan ‘n virtuele vergadering wat aangebied word deur die voorsitter van die Afrika-unie-kommissie, Moussa Faki Mahamat. Dit vorm deel van diplomatieke pogings om die geweld in Soedan tot ‘n einde te bring. Leiers van die Arabiese Bond en die streekgroepering Igad sal ook deelneem. Igad […]

Read More

Rooikruis-kinderhospitaal kry terapeutiese speelterrein

‘n Moderne terapeutiese speelterrein ter waarde van 12,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand is by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad geopen. Die terrein is ontwerp om voorsiening te maak vir kinders met ernstige gestremdhede en is die eerste van vier wat vir die hospitaal beplan word. Die Kinderhospitaal-trust het gehelp om die befondsing vir die projek te verskaf. […]

Read More

ActionSA sê ANC vertraag aspris die opknapping van ‘n vervalle Diepsloot-skool

ActionSA in Gauteng sê hy maak beswaar teen die afskuwelike optrede van die ANC en sy raadslid in Diepsloot, Johannesburg, omdat hulle aktief en gewelddadig probeer het om pogings te ontwrig met die opknapping van die Itirele-Zenzele Comprehensive School. Die skool is reeds lank onderworpe aan opsetlike beskadiging, wanadministrasie, wanbestuur en ‘n gebrek aan leierskap. […]

Read More

Geingob gesels oor goeie vriendskap op eerste dag van staatsbesoek aan SA

President Hage Geingob en sy hoëvlak afvaardiging is in Suid-Afrika op ‘n drie-daagse amptelike besoek aan die buurland. Die twee lande sal verskeie kwessies bespreek, insluitend die Oranjerivier-grenskwessie, asook die Suider-Afrikaanse Doeane-unie. Handels- en beleggingsgeleenthede en potensiële van samewerking op die gebied van energie sal geïdentifiseer word die klem op die groenwaterstof-, olie- en gassektore. […]

Read More