Kommer oor afname in bloukraanvoëls

Namibië se bloukraanvoël-bevolking is meer bedreig as die ikoniese swartrenoster. Die aantal bloukraanvoëls het tot ongeveer 19 voëls afgeneem, volgens die syfers van die April 2023-telling. Daar word vermoed dat mense bloukraanvoëls noord van die Etosha Nasionale Park vir die pot skiet, aangesien hulle glo baie ander beskermde voëlspesies daar doodmaak, insluitend flaminke en neushoringvoëls. Die verskil tussen die bloukraanvoël en swartrenoster is dat bloukraanvoëls, hoewel minder, slegs as ‘n beskermde spesie gelys word en die swartrenoster as ‘n spesiale beskermde spesie. Kosmos 94.1 Nuus het met omgewingsjoernalis Dirk Heinrich gesels wat aan die tellingproses deelgeneem het…