Italiaanse strandlisensies nie meer geërf  

Die Europese geregshof in Luxemburg het beslis dat Italiaanse strand-lisensies onderworpe moet wees aan deursigtige en onpartydige prosesse. Dié beslissing vergroot die druk op die regering om mededinging in die bedryf te verbeter. Lisensies vir die verskaffing van strandstoele en -sambrele is tradisioneel familie-ondernemings en die lisensies word van gesag tot geslag oorgedra. Die hofbeslissing beteken dat die lisensies nie meer outomaties hernu kan word nie, maar deur tenderprosesse beslis moet word ingevolge EU regulasies. Die waarde van die sektor word op 15 miljard euro per jaar geraam.