Freddy: GRN skenk N$1,8m aan Malawi

Die Namibiese kabinet het ‘n skenking van 1,8 miljoen Namibiese dollar aan Malawi goedgekeur. Die fondse is ter ondersteuning van die impak van sikloon Freddy wat verlede maand deur die land gewoed het. Volgens die weeklikse verklaring van die kabinet se beslissings, sê die inligtingsministerie dat ‘n versoek deur die Malawiese regering vir bystand goedgekeur […]

Read More

Zim wil buitelandse werk vir verpleërs kriminaliseer

Zimbabwe se visepresident sê die uittog van gesondheiswerkers in die land is ‘n misdaad teen die mensdom. Constantino Chiwenga, wat ook die land se minister van gesondheid is, sê die regering sal nie meer klaringsertifikate vir Zimbabwiese gesondheidswerkers om in ander lande te praktiseer, uitreik nie. Hy voeg by dat daar planne is om die […]

Read More

Japanse Black Hawk stort in die see neer

‘n UH-60 Black Hawk-helikopter van die Japanse weermag het vermoedelik naby Mijako-eiland in die see neergestort. Daar was tien bemanningslede aan boord. ‘n Regeringsamptenaar het aan Associated Press bevestig wrakstukke is in die see sowat 1 500 kilometer suid van Tokio opgemerk. Japan is besig om sy  verdediging in die suidweste van die land op […]

Read More

Rahm, Hovland en Koepka loop voor by Augusta

Jon Rahm, Viktor Hovland en Brooks Koepka het uitstekende sewe-onder-syfer 65’s gespeel en loop voor in die Meesterstoernooi by Augusta ná dag een. Rory McIlroy het weer stadig weggespring. Die 33-jarige speler van Noord-Ierland het vyf voëltjies aangeteken, maar hulle is gekanselleer weens brou-houe en ‘n dubbele brouhou, wat hom gelyk aan baansyfer 72 gelaat […]

Read More

Erfenisraad oorweeg nog volksmoord gedenksteen by Shark-eiland

Die Nasionale Erfenisraad van Namibië sê hy het meer tyd nodig om ‘n aansoek deur die Nama Tradisionele Leiers-vereniging om ‘n volksmoord gedenksteen by Shark-eiland by Lüderitz op te rig, te oorweeg. Duisende Ovaherero en Nama is by Shark-eiland as gevangenes aangehou tydens die 1904 tot 1908 volksmoord maar, daar is geen herinnering daaraan nie. […]

Read More

Sakeliga vra ondersoek na wie kry nog vrystelling

Die Suid-Afrikaanse sakegroep, Sakeliga, vra ʼn ondersoek om te bepaal of ander staatsinstellings ook vrygestel word van finansiële verslagdoening. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie sy besluit teruggetrek het om Eskom vry te stel van die bekendmaking van verkwistende en onreëlmatige uitgawes in sy finansiële state. Sakeliga het vroeër gedreig met regstappe teen sulke optrede […]

Read More

Israel loods aanvalle in die Suide van Libanon

Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het belowe sy land se vyande “duur sal betaal” na aanleiding van ‘n stortvloed vuurpyle uit Libanon wat op Palestynse groepe geblameer is. Volgens ‘n kort videoverklaring wat deur sy kantoor vrygestel is, het Netanyahu tydens ‘n kabinetsvergadering gewaarsku dat hulle vyande en die prys sal betaal vir enige daad […]

Read More

Sperrgebiet kry reën, twee woestynperd-vullens gebore

Dit gaan volgens berigte baie goed met Namibië se woestynperde in die verre Suide. Die stigting sê die gebied het Donderdag goeie neerslae gehad wat broodnodig is vir die diere. Daar is ook sedert Maart, twee vullens gebore wat baie goed aansterk. Die stigting het ook sy dank uitgespreek aan die Namibia Engineering Corporation vir […]

Read More

Angolese minister: Namibiese olie-ontdekking is ‘n seën

Die Angolese minister van minerale hulpbronne, petroleum en gas, Diamantino Azevedo, het gesê Namibië se olie-ontdekking is ‘n seën en sal nie die gaping tussen die rykes en die armes vergroot nie. Tydens ‘n media-konferensie saam met die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, vandag in Windhoek, het Azevedo beklemtoon Namibië se olie-ontdekking […]

Read More

Equal Rights Namibia veroordeel NEFF

‘n Namibiese LGBTQ-groep sê die NEFF beskerm nie dee Grondwet van Namibië nie. Dit volg ná die NEFF beklemtoon het hy deel nie die sienings van sy Suid-Afrikaanse susterparty, die EFF, wat LGBTQ-kwessies betref nie. Die NEFF-parlementslid Longinus Iipumbu het dit bevestig ná ‘n onlangse protesoptog wat deur die EFF gehou is om ‘n omstrede […]

Read More