Geingob gesels oor goeie vriendskap op eerste dag van staatsbesoek aan SA

President Hage Geingob en sy hoëvlak afvaardiging is in Suid-Afrika op ‘n drie-daagse amptelike besoek aan die buurland. Die twee lande sal verskeie kwessies bespreek, insluitend die Oranjerivier-grenskwessie, asook die Suider-Afrikaanse Doeane-unie. Handels- en beleggingsgeleenthede en potensiële van samewerking op die gebied van energie sal geïdentifiseer word die klem op die groenwaterstof-, olie- en gassektore. Geingob het vandag, by die amptelike opening van die samesprekings, oor die goeie verhouding tussen die twee lande gepraat.