ActionSA sê ANC vertraag aspris die opknapping van ‘n vervalle Diepsloot-skool

ActionSA in Gauteng sê hy maak beswaar teen die afskuwelike optrede van die ANC en sy raadslid in Diepsloot, Johannesburg, omdat hulle aktief en gewelddadig probeer het om pogings te ontwrig met die opknapping van die Itirele-Zenzele Comprehensive School. Die skool is reeds lank onderworpe aan opsetlike beskadiging, wanadministrasie, wanbestuur en ‘n gebrek aan leierskap. ‘n ActionSA-lid, Angela Sobey, sê die skool is oorbeset en daar is ‘n gebrek aan noodsaaklike hulpbronne soos lessenaars, stoele en ander skoolinfrastruktuur: