Curriebeker: Cheetahs steeds boaan die punteleer

Die Cheetahs het hulle posisie bo aan die punteleer van die Curriebeker versterk toe hulle die Westelike Provinsie gistermiddag in ‘n taai wedstryd in Bloemfontein met 26-21 geklop het. Die tuisspan het vier drieë gedruk teen WP se drie. Op Loftus was daar nóg pyn vir Bulle-ondersteuners na die span met 41-27 teen die Haaie […]

Read More

Groot vergadering om plaaslike onderwys te ‘hernu’

The Namibiese onderwysministerie, die Nasionale Onderwysersvakbond en die Afrika-federasie van Onderwys-regulende Owerhede sal die week ‘n vergadering in die hoofstad hou in verband met onderwys-standaarde. Die hoofdoel van die geleentheid is om die rolle van die ministeries, regulerende owerhede en ander kritieke belanghebbendes te hersien en te hernu. Die doel, volgens die ministerie is die […]

Read More

Weermag ontplooi om Eskom-kragstasies te beveilig

President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van 880 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gemagtig om ‘n aantal Eskom-kragstasies te beveilig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê hulle sal misdaad voorkom en bestry en wet en orde handhaaf. Meer as 2 700-lede is in Maart en April by kragstasies ontplooi. Magwenya sê die nuwe ontplooiing […]

Read More

DRK-vloede eis 600, duisende huise verwoes

Meer as 600 mense is dood in fratsvloede in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Swaar reën het geboue verwoes en reddingswerkers is gedwing om liggame in stapels te plaas. Daar word berig ‘n plaaslike regeringshoof het ‘n beroep gedoen vir onmiddellike bystand en sê die omvang van die skade is onbeskryfik. […]

Read More

Agt dood in nog ‘n massaskietery in VSA

Agt mense is dood in ‘n massaskietery by ‘n winkelsentrum in Allen naby Dallas, Texas. Sewe mense, waaronder drie kritiek is, word in hospitale behandel. Die gewapende man, wat owerhede glo alleen opgetree het, is ook dood. Die brandweerhoof Jonathan Boyd sê dat ten minste nege mense na hospitale afgevoer is en twee is intussen […]

Read More

Sam !Khubis word vandag op Rehoboth herdenk

Die Namibiese Bastergemeenskap herdenk vandag en môre Sam !Khubis, die oorwinning van die Basters op 7 en 8 Mei 1915 teen die Duitse koloniale weermag. Die herdenking van Sam !Khubis vanjaar begin nou om agt-uur by die Kaptein Herman van Wyk-gedenksaal waarna ‘n optog gehou sal word wat uiteindelik tot ‘n byeenkoms namiddag om vyf-uur […]

Read More

Sudan: VN hoop vir humantitêre-korridor by Jeddah-samesprekings

Die Verenigde Nasies het ‘n beroep die twee generaals van die strydende militere faksies in Sudan gedoen om hulle te verbind tot duidelike en beslissende ooreenkomste wat die verskaffing van humanitêre hulp aan die land sal toelaat. Daar word tans samesprekings in Jeddah in Saoedi-Arabië gehou. Die VN se sekretaris-generaal vir Humanitêre Aangeleenthede, Martin Griffiths, […]

Read More

6 Januarie: Man kry 14 jaar vir pepersproei-aanval op polisie

’n Man van Pennsilvanië wat skuldig bevind is aan aanranding en ander aanklagte nadat hy polisiebeamptes op 6 Januarie by die Kongresgebou met pepersproei bestook het, is tot 14 jaar tronkstraf gevonnis. Die 49-jarige Peter J. Schwartz is verlede Desember skuldig bevind tydens ‘n verhoor in die federale hof waar bewyse getoon het dat hy […]

Read More

Stormers maak dit ses vir ses teen die Bulle

Die Stormers het vir hulself ‘n tuis-VRK-halfeindstryd verseker toe hulle die Bulle gistermiddag in ‘n volgepakte Kaapstad-stadion oortuigend geklop het. Die verdedigende kampioene het voortgebou op hulle voorsprong van 17-7 teen rustyd om met 33-21 te wen. Die Stormers het voor ‘n rekordskare van meer as 44 000 ondersteuners hulle sesde agtereenvolgende VRK-oorwinning teen die […]

Read More

Ontsoute water is oplossing vir Erongo – Andre

Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre het die Orano Erongo-ontsoutingsaanleg aangemoedig om hande te vat met die regering om water aan veral landelike gemeenskappe in die streek te voorsien. Daar is erge watertekorte in verskeie gebiede van Erongo, maar ook so in stedelike gebiede van die streek. Volgens Andre, maak landelike gemeenskappe staat op […]

Read More