Beskermingsbevel om pensioenvoordele van oudbedryfshoof te bevries

Die Spesiale Ondersoekeenheid het daarin geslaag om ʼn beskermingsbevel te bekom om sowat 10,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand se pensioenvoordele van die voormalige bedryfshoof van Lepelle Noordwater te bevries. Carel Schmahl word verbind met beweerde onreëlmatighede met die Giyani-waterprojek in Limpopo. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê ondersoeke het aan die lig gebring Schmahl het besluite bewimpel en kontrakuitgawes opgeblaas, wat daartoe gelei het dat ʼn kontrak van 90,9 miljoen rand gestyg het tot 2,2 miljard rand.