Atletiek: Hamutenya wen silwer by Spesiale Olimpiese Spele

Atletiek: Die Namibiese middelafstand-hardloper, Finamekeni Hamutenya, het vandag ‘n silwermedalje vir Span Namibië gewen ná ‘n foto-beslisssing by die 2023 Spesiale Olimpiese Spele wat in Berlyn, Duitsland. Hamutenya het Maandag ‘n persoonlike beste tyd aangeteken in die vlak A 800 meter en vandag in die finaal sy persoonlike beste tyd weer na twee minute 2,95 sekondes verbeter om net-net tweede te eindig agter die Keniaanse hardloper Daniel Mutiso.