Denemarke beloof groot beleggings in hernubare energie in SA

Na die ampsbesoek aan Namibië het die Deense en Hollandse afvaardiging na Suid-Afrika gereis. President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is goed geplaas om hernubare-energieprojekte te lok en in te stel en het die vermoë om sommige van die onderdele wat hierdie projekte nodig sal hê, te vervaardig. Hy het in Pretoria by die sakeforum tussen Suid-Afrika, Denemarke en Nederland gepraat.

Intussen het Nederland 18,4 miljard Suid-Afrikaanse rand beloof vir die Suid-Afrikaanse H2-fonds om groenwaterstof-projekte van stapel te stuur. Copenhagen Infrastructure Partners en Mulilo Energy Holdings SA sal 3,67 miljard rand belê om ‘n beleggingsfonds vir groenenergie-infrastruktuur te vestig. Denemarke se eerste minister, Mette Frederiksen, sê haar land is trots om deel te wees van Suid-Afrika se billike energie-oordrag: