Hunter Biden se ooreenkoms is volgens Trump ‘n ‘verkeersboete’

Die Amerikaanse prokureur-generaal in Delaware het dokumente ingedien wat aandui dat ‘n pleitooreenkoms met President Joe Biden se seun Hunter Biden bereik is. Hy sal na verwagting skuldig pleit op twee aanklagte van belastingontduiking en erken dat hy onwettig ‘n vuurwapen besit het terwyl hy ‘n dwelmgebruiker was. Biden sal na verwagting ook instem tot dwelmbehandeling en monitering. Die Departement van Justisie het as deel van die pleitooreenkoms ingestem om ‘n proefvonnis aan te beveel; maar sê die voorgestelde ooreenkoms moet nog deur ‘n regter bekragtig word. Republikeine is vies daaroor en sê hy kry voordelige behandeling. Biden het ‘n paar jaar gelede aan Amy Rohrback van ABC News gesê sy van speel ‘n beduidende rol in sy lewe.