Swaar strawwe en boetes vir oortreders van Loteryewet

Die toerismeminister Pohamba Shifeta het vandag ‘n sterk waarskuwing uitgestuur dat enige iemand wat die Loteryewet oortree swaar strawwe of stewige boetes in die gesig staar. Oortreders kan ‘n boete van hoogstens 4 miljoen Namibiese dollar ontvang of tronkstraf vir ‘n hoogstens 20 jaar, of beide ‘n boete en gevangenisstraf. Shifeta sê ook geen minderjariges mag lootjiekaartjies vir skole verkoop nie. Hy sê dit moedig kinders aan om te bedel.