Rwandese volksmoordverdagte soek asiel in SA

Die prokureurs van die Rwandese volksmoordverdagte, Fulgence Kayishema, het aan die Kaapstadse Landdroshof gesê hy gaan op politieke gronde in Suid-Afrika om asiel aansoek doen. Dit kan sy moontlike uitlewering aan Rwanda en sy verhoor met jare vertraag. Die Internasionale Residuele Meganisme vir Kriminele Tribunale wil hê Kayishema moet verhoor word vir sameswering om volksmoord te pleeg en alternatiewe aanklagte van medepligtigheid aan volksmoord en uitwissing in Rwanda in 1994 toe ‘n beraamde 800 000 mense vermoor is.