Venaani spreek dwelmsmokkelary in NV aan

Die leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani het vandag sy kommer in die parlement uitgespreek oor die feit dat georganiseerde misdaad, soos dwelmsmokkelary, veral van kokaïne, in Namibië aan die toeneem is. Venaani het gesê dié misdadigers werk hand aan hand saam met besigheidseienaars by hawedorpe soos Walvisbaai waar dié besighede gebruik word om dwelms in die land in te smokkel. Hy het verder aangedui dat sommige van hierdie dwelmmiddels hul weg in die land vind weens ‘n gebrek aan behoorlike grensbeheer.