SA kan aan Zim se mielietekort voldoen

Suid-Afrika het genoeg mielies om te voldoen aan ‘n verwagte tekort in Zimbabwe. Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, verduidelik Zimbabwe ervaar tans terugslae nadat Sikloon Freddy die vordering laat in Januarie ontwrig en produksie beïnvloed het. Die land mag dus ‘n potensiële tekort ervaar. Die Oesskattingskomitee se raming dui aan Suid-Afrika se kommersiële mielieproduksie vir die 2022/23-seisoen sal na verwagting 16,1 miljoen ton behels. Gegewe die oormaat in Suid-Afrika, sal Zimbabwe dalk ‘n half-miljoen ton mielies moet invoer om aan sy jaarlikse vereistes te voldoen.