Drie Covid-sterfgevalle in Katima Mulilo-staatshospitaal

Die Katima Mulilo-staatshospitaal het voorsorgmaatreëls heringestel te midde van toenemende Covid-gevalle. Drie mense is sedert Mei dood. Een is ‘n 13-jarige leerder en die ander twee oorledenes was 33 en 71 jaar oud. Die hospitaal het 23 gevalle in Mei en ses in Junie aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie Ben Nangombe gesels oor die huidige stand van Covid in Namibië en maan nuwe gevalle moet voorkom word.