Soektog na Titan-toeristeduikboot verskuif

Die Amerikaanse kuswag sê die fokus van die onderwater soektog na die Titan-toeristeduikboot het verskuif, nadat geluide gehoor is in ‘n gebied naby waar die duikboot Sondag aan die suidoostelike Kanadese kus vermis geraak het. ‘n Kanadese vliegtuig het die kapgeluide deur middel van sonartoerusting gehoor, en dit word nou deur kundiges van die Amerikaanse vloot ontleed. Die kapgeluide is elke 30 minute gehoor. Die duikboot word gebruik vir ekspedisies na die skeepswrak van die Titanic, wat in 1912 gesink het. Daar was vyf mense aan boord toe die duikboot vermis geraak het. Suurstof op die duikboot sal na verwagting teen 12-uur môremiddag opraak.