Gondwana samel N$2m in vir Adopt-a-School

Die Gondwana Care Trust, in samewerking met Eduvision Online Learning het fondse van 2 miljoen Namibiese dollar ingesamel vir die Eduvision Adopt-a-School-inisiatief. Hierdie inisiatief het ten doel om toeganklike aanlyn onderrig aan leerders regoor Namibië, veral in landelike gemarginaliseerde gemeenskappe, te verskaf. Eduvision is in 2017 gestig deur die voormalige hoof van Edugate Akademie op Otjiwarongo, Frikkie Louw ná sy besoek aan Tsumkwe Sekondêre Skool. Met erkenning van die behoefte aan kwaliteit onderwys vir alle Namibiese studente, is saam met B2Gold en Paratus Namibia saamgewerk om skole aan die internet te koppel. Gondwana Collection Namibia se handelsmerk-bemarkingsbestuurder, Jescey Visage het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…