Republikeine hou voet by stuk Biden word voorgetrek

Republikeine hou voet by stuk dat Hunter Biden voordelige behandeling by die justisiedepartement ontvang omdat sy pa die Amerikaanse president is. En dit, sê hulle, terwyl Donald Trump met all mag vervolg word. Die Amerikaanse prokureur-generaal in Delaware het dokumente ingedien wat aandui dat ‘n pleitooreenkoms met Biden bereik is. Hy sal na verwagting skuldig pleit op twee aanklagte van belastingontduiking en erken dat hy onwettig ‘n vuurwapen besit het terwyl hy ‘n dwelmgebruiker was. Tronkstraf is van die tafel af. Voormalige vise-president Mike Pence het sy reaksie so verwoord.

Maar, Biden se prokureur Chris Clark sê die ondersoek na Biden was breedvoerig en het ‘n Trump-aangestelde aanklaer ingesluit.