Namibiese bestuurders… ons is toe nie so sleg nie

Namibiese bestuurders kan sekerlik nou ophou kla oor taxis en ander onbeskofte bestuurders. Terwyl ons van die hoogste ongeluksyfers per kapita in die wêreld het, is ons bestuurders glad nie so sleg nie. Navorsing deur Compare the Market Australia toon Suid-Afrika het van die onveiligste voertuigbestuurders ter wêreld. Die motor-versekeringsplatform het die aantal noodlottige ongelukke per 100 000 mense in 20 lande bereken en vergelyk. Volgens hulle ontleding het Suid-Afrika die hoogste getal noodlottige ongelukke, in vergelyking met lande met swaar verkeer soos Indië, Brasilië, Colombië en Peru. ʼn Woordvoerder van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Andrea van Heerden, sê padveiligheid in Suid-Afrika is ʼn bekommernis: