Sintetiese diamante hou bedreiging vir Nam-bedryf in

Ten spyte van die wêreldwye oplewing vir volhoubare laboratorium-gekweekte diamante, het Namibië tans geen regulasies wat vervaardigers van sintetiese diamante verhoed om dit as natuurlike diamante te bemark en te verkoop nie. Die minister van myne en energie Tom Alweendo het die 12 lede van Diamantraad van Namibië bekendgemaak wat van 1 Junie vanjaar tot […]

Read More

Malatji eis 50% jeug in SA-parlement

Die nuutverkose president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji sê hulle sal niks minder as 50 persent jeugverteenwoordiging in die parlement en in provinsiale wetgewers aanvaar nie. Hy is oor die naweek onbestrede by die jeugliga se konferensie verkies. Malatji het beklemtoon dat die jeug nie verskoning hoef te vra vir hul standpunte oor beleid en […]

Read More

Onluste in Frankryk was nie teen Macron se beleid nie…

Die Franse President Emmanuel Macron vergader vandag met die burgemeesters van 220 munisipale gebiede wat deur die onlangse geweld in die land geraak is. Gewelddadige betogings het verlede week uitgebreek nadat die polisie ‘n 17-jarige tiener by ‘n padblokkade doodgeskiet het. Meer as 700 mense is in hegtenis geneem. Die polisiebeampte wat beskuldig word dat […]

Read More

Groei van kredietverlening in privaat sektor verlangsaam

Gordels word stywer ingetrek weens finansiële toestande ná die repokoers-verhogings van 400 basispunte sedert Desember 2021. Die groei van kredietverlening in die privaat sektor het in Mei vanjaar tot 1,5 persent jaar op jaar verlangsaam, vergeleke met 2,6 persent in April vanjaar. Dit is die laagste groeikoers sedert Januarie verlede jaar. Krediet wat aan huishoudings verleen […]

Read More

Geen werwings tans by ECN, pasop vir aanlyn slenters

Die woordvoerder van die Verkiesingskommissie van Namibië, De Wet Siluka, het bevestig dat die kommissie tans geen werwings doen nie. Die publiek word gewaarsku dat daar vals plasings op sosiale media sirkuleer wat beweer dat die kommissie personeel aanlyn werf. Daar word plasings op sosiale media gesirkuleer wat ‘n skakel na ‘n vals werwings-portaal bevat. […]

Read More

FNB Namibia-hoof lei Bankiersvereniging

Die uitvoerende hoof van FNB Namibië, Erwin Tjipuka, het die voorsitterskap van die Bankiersvereniging van Namibië oorgeneem. Die verantwoordelikheid van die voorsitterskap van die vereniging roteer jaarliks tussen die besturende direkteure of hoof uitvoerende beamptes van kommersiële banke in die land. Tjipuka neem oor by Bank Windhoek se besturende direkteur, Baronice Hans. FNB se kommunikasiespesialis, […]

Read More

Laaste Franse oorlewende (100) van Slag van Normandië sterf

Die laaste oorlewende van die Franse kommando-eenheid wat op 6 Junie 1944 aan die Slag van Normandië deelgeneem het, Leon Gautier, is op 100-jarige ouderdom oorlede. Hy was een van die 177 Franse Groen Barette wat aan die aanval deelgeneem het. Hy het in 2019 aan die internasionale nuus-agentskappe vertel dat hy te jonk was […]

Read More

Nuwe president van ANC-Jeugliga takel werkloosheid

Die nuutverkose president van die ANC-Jeugliga, Collen Malatji, sê jong Suid-Afrikaners word steeds uitgesluit van ekonomiese deelname. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat ná die afsluiting van hul nasionale verkiesings-konferensie waar hy onbestrede verkies is, met Phumzile Mgcina wat as sy adjunk sal dien. Malatji sê die nuwe leierskap se hoofdoelwit is om die kwessie […]

Read More

SACU: Namibië moet diversifiseer

Die beraad van SACU-staatshoofde is die week in Eswatini gehou en die beraad het ingestem dat lidlande prioriteit moet gee aan sektore wat onmiddellike voordele kan bring. Dit sluit in vleis en vleisprodukte, die produksie van leer en verwante produkte, die verbouing van groente en vrugte, tekstiele, en farmaseutiese produkte. Die lys is ontwikkel op […]

Read More

Binnelandse sake: Vioolsdrif steeds tydelik gesluit

Die ministerie van binnelandse sake het ‘n span immigrasiebeamptes na die Noordoewer-grenspos gestuur om te help met kwessies ná die tydelike sluiting van die Vioolsdrif-grenspos tussen Namibië en Suid-Afrika ná oorstromings in die Noord-Kaap. Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo het vandag bevestig dat mense wat na Suid-Afrika wil reis, steeds van die Oranjemund- […]

Read More