Krieket: Aussie-kaptein sê Bruce Springsteen was sy inspirasie

Krieket: Die Australiese kaptein, Pat Cummins, sê die rock-legende Bruce Springsteen het hom geïnspireer tydens die spannende eerste toets om die As teen Engeland op Edgbaston. Hy het sy span op die laaste dag tot ʼn naelbyt-oorwinning met twee paaltjies aangevoer met ʼn onoorwonne vennootskap van 55 lopies om die negende paaltjie saam met Nathan Lyon. Die Aussies hoop op hulle eerste reeks-oorwinning in Engeland in 22 jaar. Cummins sê hy het sy pa na die eerste dag se spel na ʼn uitvoering van Springsteen geneem. Hy beskryf die wedstryd as spannend.