Egipte en Turkye hervat betrekkinge ná ‘n dekade

Egipte en Turkye het ambassadeurs in mekaar se hoofstede aangestel. Dit is die eerste keer in meer as ‘n dekade dat diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande herstel word. Egipte het tien jaar gelede Turkye se ambassadeur uit die land geskop en Ankara daarvan beskuldig dat hy organisasies ondersteun wat die land ondermyn. Samesprekings tussen […]

Read More

Rugby: Springbok-stut Ox beseer

Rugby: Die Springbok-stut, Ox Nché, sal moontlik nie Saterdag op Loftus teen die Wallabies kan speel nie, hoewel hy vir die beginspan gekies is. Afrigter Jacques Nienaber het vanmiddag in ʼn verklaring bekendgemaak Nché het vroeër vandag sy bors beseer tydens ʼn oefening. Daar is ook bekendgemaak Steven Kitshoff sal in Suid-Afrika agterbly en nie […]

Read More

Jerry takel weer selfdegeslaghuwelike in NV

Die stof oor die kwessie van selfdegeslaghuwelike weier net om te gaan lê. Dit is weer vandag in die parlement aangespreek toe die veteraan Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo aangedui het dat hy môre in die Nasionale Vergadering vir die behoorlike definisie van gade gaan vra na aanleiding van die hooggeregshof-uitspraak oor selfdegeslaghuwelike.

Read More

Staat moet SME’s help ontwikkel – BBLN

Volgens First National Bank Namibia speel klein en medium ondernemings ‘n belangrike rol in die land se ekonomiese stabiliteit en behoort hulle meer ondersteuning te ontvang. Dit is om hulle in staat te stel om by te dra tot werkskepping in die land, veral gegewe die huidige hoë jeug-werkloosheidsyfers. FNB Namibia het 85 miljoen Namibiese […]

Read More

Pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr, N7 weer oop ná reën

Die Paaie-owerheid het aangekondig dat die DR 212-pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr nou weer oop is vir verkeer. Hierdie pad is onlangs gesluit weens nat en gladde toestande ná reën in die Karas-streek voorgekom het. Die pad is intussen veilig vir verkeer verklaar, maar motoriste word steeds gemaan om versigtig te bestuur wanneer hulle […]

Read More

Toerisme sal hupstoot kry na herinstelling van vlugte na Brasilië

Die instelling van die inter-kontinentale verbindings tussen die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Brasilië se finansiële middelpunt, São Paulo, sal na verwagting ʼn positiewe uitwerking op toerisme hê. Hierdie roetes wat in Kaapstad en Johannesburg ontstaan, is belangrik aangesien SAL sy inter-kontinentale vlugte hervat na sy sakeredding en die inperking. Die voorsitter van die lugredery, Derek Hanekom, […]

Read More

Rusland sal teenstand bied teen Westerse uittarting

Rusland sal teenstand bied teen Westerse sankies en uittarting. Russiese President Vladimir Putin het sy versekering aan die Shanghai Samewerkings-organisasie gegee dat Rusland polities stabiel en verenig is. Dit is met verwysing na die onlangse muitery deur die Wagner-huursoldategroep. Putin het egter gewaarsku oor die moontlikheid van konflikte en sê die risiko van ‘n wêreldwye […]

Read More

‘Stille-ontrekking’-neiging eis sy tol op werksplekke

Momentum het die aandag gevestig op ‘n verskynsel genaamd “stille onttrekking” wat toenemend waargeneem word in werkplekke. Volgens die lede-oplossings-bestuurder, Ncumisa Madinda, verwys dit na ‘n situasie waar werknemers ‘n gebrek aan geesdrif toon en minimale moeite doen om eenvoudig net deur die werksdag te kom. Madinda sê hierdie neiging gaan nie net oor werknemers […]

Read More

Botswana is Namibië se grootste uitvoermark

Die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin van Mei dui op ‘n handelstekort van 2,8 miljard Namibiese dollar, vergeleke met ‘n tekort van 1,3 miljard dollar wat einde April aangeteken is en 5,2 miljard wat in Mei verlede jaar gemeet is. Botswana is nou Namibië se grootste uitvoermark wat verantwoordelik was vir 18,9 persent van uitvoere. Suid-Afrika […]

Read More

SAPU veroordeel aanval op motoriste

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie sê die polisie se aanval op ‘n motoris en twee passasiers op die N1-hoofweg in Johannesburg is onaanvaarbaar. Die agt lede wat by die aanval betrokke was, is geïdentifiseer as deel van die BBP-beskermings-eenheid van adjunkpresident Paul Mashatile. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die lede sal interne prosesse oor die aangeleentheid […]

Read More