‘Stille-ontrekking’-neiging eis sy tol op werksplekke

Momentum het die aandag gevestig op ‘n verskynsel genaamd “stille onttrekking” wat toenemend waargeneem word in werkplekke. Volgens die lede-oplossings-bestuurder, Ncumisa Madinda, verwys dit na ‘n situasie waar werknemers ‘n gebrek aan geesdrif toon en minimale moeite doen om eenvoudig net deur die werksdag te kom. Madinda sê hierdie neiging gaan nie net oor werknemers wat van hul werk onttrek nie, maar verberg dikwels dieper emosionele en sielkundige gesondheidskwessies in die werkplek.