Rusland sal teenstand bied teen Westerse uittarting

Rusland sal teenstand bied teen Westerse sankies en uittarting. Russiese President Vladimir Putin het sy versekering aan die Shanghai Samewerkings-organisasie gegee dat Rusland polities stabiel en verenig is. Dit is met verwysing na die onlangse muitery deur die Wagner-huursoldategroep. Putin het egter gewaarsku oor die moontlikheid van konflikte en sê die risiko van ‘n wêreldwye ekonomiese krisis is aan die toeneem. Die organisasie is ‘n Eurasiese politieke, ekonomiese, internasionale veiligheids- en verdedigingsorganisasie. Die agt lidlande is China, Indië, Kazakstan, Kirgistan, Rusland, Pakistan, Tajikistan en Uzbekistan. Daar is nog vier waarnemer-lande en ses gespreks-vennote.