Jerry takel weer selfdegeslaghuwelike in NV

Die stof oor die kwessie van selfdegeslaghuwelike weier net om te gaan lê. Dit is weer vandag in die parlement aangespreek toe die veteraan Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo aangedui het dat hy môre in die Nasionale Vergadering vir die behoorlike definisie van gade gaan vra na aanleiding van die hooggeregshof-uitspraak oor selfdegeslaghuwelike.