Pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr, N7 weer oop ná reën

Die Paaie-owerheid het aangekondig dat die DR 212-pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr nou weer oop is vir verkeer. Hierdie pad is onlangs gesluit weens nat en gladde toestande ná reën in die Karas-streek voorgekom het. Die pad is intussen veilig vir verkeer verklaar, maar motoriste word steeds gemaan om versigtig te bestuur wanneer hulle in nat toestande ry. Hileni Fillemon, woordvoerder van die owerheid het ook die goeie nuus aan Kosmos 94.1 Nuus gedeel dat kleiner voertuie weer die N7-pad vanaf die Suid-Afrikaanse Vioolsdrif-grenspos kan gebruik.