Ombud kan nie ondersoek instel soos Venaani vra nie

Die president van die PDM, McHenry Venaani, het die regering se regstellingsprogram om vissermanne by te staan gekritiseer. Hy het onder meer gesê dit moet gestaak word of dit sal lei tot ‘n Fishrot 2.0. Die program is in 2020 deur die visseryministerie en die arbeidsministerie geloods om werkloosheid onder vissermanne, wat deur die Fishrot-skandaal benadeel is, aan te spreek. Venaani het ook gesê die Ombudsman moet die program ondersoek en aanbevelings maak om dit te hervorm. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Ombudsman, Basilius Dyakugha…