SA: Dis die verkiesing van onafhanklike kandidate

Die Suid-Afrikaanse Verkiesingskommissie se voorsitter, Mosotho Moepya, sê die komende algemene verkiesing word gekenmerk deur die bekendstelling van onafhanklike kandidate. Elf onafhanklike kandidate neem op 29 Mei aan die verkiesing deel. Hy sê die kommissie ʼn uitslagstelsel ontwerp wat talle integriteitstoetse sal ondergaan om seker te maak die verkiesing kan nooit gesteel word nie.