Voertuigverkope klim weer
Die aantal voertuigverkope vir Junie het met 51,4 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem, van 872 eenhede in Junie verlede jaar tot 1 320 in Junie vanjaar. In vorige maande het verkope sedert Maart afgeneem, met Junie se verkope wat die eerste maandelikse toename sedertdien was. Ligte handelsvoertuie het verkope in Junie aangedryf en met 74,7 […]
Konynbloeding-siektes by WGO aangemeld
Die Suid-Afrikaanse departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het 218 voortdurende uitbrekings van konynbloeding-siekte by die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid aangemeld. Die meeste uitbrekings is in die Noord- en Wes-Kaap, met sommige in die Vrystaat, die Oos-Kaap en Gauteng. Voorsiening is gemaak vir die wettige gebruik van passiewe entstowwe, wat konyn-eienaars toelaat om inenting deur […]
Numsa veroordeel hartelose reaksie van staalmeule
Die metaalwerkersvakbond Numsa veroordeel die eienaar van SA Steel Mills vir sy hartelose reaksie op die dood van ʼn werker by die maatskappy se fabriek in Sedibeng, Gauteng. Rafik Mohamed het na bewering geëis werkers hervat hulle pligte onmiddellik, ten spyte van hulle hartseer en kommer oor veiligheid. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, beskuldig Mohamed […]
Kommer oor twee SA burgers in Ekwatoriaal-Guinee
Die Suid-Afrikaanse direkteur-generaal van internasionale betrekkinge en samewerking, Zane Dangor, het kommer uitgespreek oor die opsluiting van twee Suid-Afrikaanse burgers in Ekwatoriaal-Guinee. Peter Shane Huxham en Frederic Johannes Potgieter is in Februarie in hegtenis geneem en verlede maand deur vyf regters skuldig bevind aan die onwettige besit van en handel in kokaïen. Die twee het […]
Parlement gaan in reses tot 5 September
Die Nasionale Vergadering gaan in reses en sal op 5 September hervat word. ’n Reeks toesigbesoeke sal onderneem word terwyl die Nasionale Vergadering in reses is. Die staande komitees van die Nasionale Vergadering sal gedurende Augustus hul oorsig-verantwoordelikhede met gekose belanghebbendes betrek. Die woordvoerder van die parlement Sakeus Kadhikwa gee ‘n oorsig van hoeveel mosies […]
VN: Einde van MIV/vigs in sig in 2030
Die Verenigde Nasies hou vol die einde van MIV/vigs is steeds bereikbaar teen 2030, en beklemtoon die behoefte aan leiers om die geleentheid aan te gryp. Die Verenigde Nasies-agentskap UNAIDS het ‘n padkaart uiteengesit om die pandemie te beëindig, insluitend belegging, bevestigde voorkoming en behandeling, die bemagtiging van die burgerlike samelewing en aandag aan ongelykhede […]
Rugby: Junior Bokke wil beter
Rugby: Die Junior Bokke is gretig om ʼn vertoning te lewer wat ʼn nalatenskap vir die span van 2023 sal wees wanneer hulle in ‘n uitspeelwedstryd om die derde plek in die Wêreld-rugby onder 20-kampioenskap teen Engeland in die Athlone-stadion, in Kaapstad, te staan kom. Afskop is om 4:30 vanmiddag. Die kaptein, Paul de Villiers, […]
Polisie glo probeer omkoop om gekonfiskeerde voertuig terug te gee
‘n Werknemer van NamPort is borgtog in die Outapi-distrik geweier. Volgens ‘n mediaverklaring van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië het die beskuldigde, Wilhelm Gideon glo probeer om ‘n polisiebeampte om te koop. Beamptes van die gesondheidsministerie het glo met Gideon se Toyota LandCruiser gesteelde farmaseutiese produkte van die Ondimba-kliniek vervoer toe hulle op 19 Februarie naby […]
Kavango-Oos het water-infrastruktuur nodig
Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, het ‘n beroep op die landbouministerie gedoen om water-infrastruktuur vir die hele streek te implementeer. Wakudumo voeg by dat as dit gedoen word, dit die seekoei-krokodil-aanvalle op inwoners langs die Okavangorivier sal verminder wat altyd in die streek aangemeld word. Inwoners van die streek gaan na die rivier […]
Zuma kry mediese behandeling in Moskou
Die Jacob Zuma-stigting het bekendgemaak oudpresident Jacob Zuma kry mediese behandeling in die Russiese hoofstad, Moskou, aangesien hy ongesteld is. Die aankondiging volg nadat die Konstitusionele Hof Korrektiewe Dienste verlof geweier het om te appelleer teen die beslissing van die Appèlhof, wat beveel het Zuma moet terugkeer tronk toe. Die hof het beslis ʼn appèl-aansoek […]