Botswana is Namibië se grootste uitvoermark

Die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin van Mei dui op ‘n handelstekort van 2,8 miljard Namibiese dollar, vergeleke met ‘n tekort van 1,3 miljard dollar wat einde April aangeteken is en 5,2 miljard wat in Mei verlede jaar gemeet is. Botswana is nou Namibië se grootste uitvoermark wat verantwoordelik was vir 18,9 persent van uitvoere. Suid-Afrika is weer eens, en nog steeds, die grootste bron van invoere met ‘n aandeel van 33,6 persent. Iipumbu Sakaria, die agentskap se korporatiewe kommunikasiebestuurder gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.