Boere kort nou al die ondersteuning moontlik

Willem Schalk Bergh, Agra-bestuurder vir die suidelike gebiede van Namibië het besoek afgelê op Prieska by die Oranje-rivier Voere se groot boeredag. Daar het hy met die bekende Pieter Moller gesels oor die stand van sake, met veral veeboere in die land, nou dat dit so droog is.