Texas Walmart-skieter (24) lewenslank tronk toe

‘n Amerikaanse regter het die Texas Walmart-skieter tot 90 opeenvolgende lewenslange tronkstraf gevonnis vir die massa-skietvoorval in 2019 waarin hy 23 mense doodgeskiet en 22 ander gewond het. Die vonnisoplegging deur regter David Guaderrama in El Paso het voldoen aan ‘n pleit-ooreenkoms van Februarie waarin die 24-jarige Patrick Crusius skuldig gepleit het. Hy het ingestem tot […]

Read More

Rugby: Junior Bokke draf vandag teen Ierland uit

Rugby: Die Junior Springbokke kom vanmiddag in die Athlone-stadion in Kaapstad teen Ierland te staan in die eerste halfeindwedstryd van die onder 20-Wêreldkampioenskap. Die hoofafrigter van die Junior Bokke, Bafana Nhleko, het sy span wat Argentinië verlede week met 24-16 gekop het, vir vandag se wedstryd behou. Die kragmeting begin om halfvyf. Frankryk en Engeland […]

Read More

Gesondheidsministerie soek deel van dobbel- en sondebelasting vir verslaafdes

Die gesondheidsministerie sê hy wil ‘n deel hê van die inkomste wat deur die tesourie ingesamel word uit dobbel- en sondebelasting. Die ministerie voer aan dit verdien om ‘n gedeelte van die inkomste te kry soos bepaal in die tabak- en dobbelwette, vir berading en rehabilitasie van verslaafdes van alkohol, dwelms en dobbel. Die hoof-maatskaplike […]

Read More

Regsfirma sal BBP-eenheid se slagoffers pro bono verteenwoordig

Die Suid-Afrikaanse regskenner, Ulrich Roux, sê sy prokureursfirma, Ulrich Roux en Genote, sal twee slagoffers wat na bewering in Johannesburg deur lede van die BBP-beskermingseenheid van adjunkpresident Paul Mashatile aangerand is, gratis verteenwoordig. Agt lede is sedertdien geskors en ʼn ondersoek vind plaas. Roux sê die gedrag van die lede durf nie goedgekeur word nie […]

Read More

VSA gaan trosbomme na Oekraïne stuur

Amerika gaan trosbomme na Oekraïne stuur om met sy teen-offensief teen Rusland te help. Die Withuis sê hy het die besluit so lank as moontlik probeer uitstel weens die gevaar dat burgerlikes beseer kan word deur bomme wat nie ontplof het nie.  Trosbomme, wat deur meer as 120 lande verbied word, bevat veelvuldige kleiner bomme […]

Read More

Kanovaart: Bergrivier-kampioen kan dit weer doen

En Kanovaart: Die verdedigende kampioen, Hank McGregor, is slegs een skof weg om sy 13de Bergriviermarathon-titel te verower. Vanjaar se wedvaart eindig vandag by Velddrif aan die Weskus. McGregor het na Vrydag se skof van 75 kilometer tot by Zoutkloof, ‘n gerieflike voorsprong van twee minute en 26 sekondes voor Thomas Lovemore behou, met Jeremy […]

Read More

Veertien Namibiese langnekke suksesvol na Angola verskuif

Veertien Namibiese kameelperde is oor ‘n afstand van 1 300 kilometer vanaf Namibië na die Iona Nasionale Park van die buurland Angola verskuif. Die Giraffe Conservation Foundation sê die langnekke was vir dekades lank nie meer in die Iona-park in die suidweste van Angola nie. Die park gaan deel vorm van die beoogde Iona-Skedelkus-oorgrenspark met […]

Read More

Werwing van SA maatskaplike werkers gaan R9 miljard kos

Die werwing van meer opgeleide professionele maatskaplike werkers sal die Suid-Afrikaanse regering waarskynlik nege miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Die departement van maatskaplike ontwikkeling beoog om teen 2030 sowat 55 000 maatskaplike werkers in diens te hê. Minister Lindiwe Zulu het onthul die regering het die afgelope boekjaar sowat 22 000 maatskaplike werkers gewerf. Sy het […]

Read More

Wenkbroue lig oor Switsersland by Sky Shield wil aansluit

Switserland het ‘n verklaring van voorneme onderteken om by die Europese Lugverdediging-stelsel, Sky Shield, aan te sluit. Switserland het vroeër al plek-plek met die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie saamgewerk vir vrede, onder meer in Kosovo waar hy ‘n bataljon as deel van die vredesmag gehad het. Hy het ook tot ontsteltenis van die Russiese regering die Europese […]

Read More

Tennis: Tsitsipas boender Andy Murray uit Wimbledon

Tennis: Andy Murray is uit Wimbledon na Stefanos Tsitispas met  ‘n agterstand van twee stelle teen een teruggeveg het om ‘n twee daagse epiese stryd te wen. Die 36-jarige Brit het laat Donderdagaand nog een stel nodig gehad om die derde ronde te haal, toe die wedstryd opgeskort is. Tsitsipas van Griekeland het Vrydag die […]

Read More