Gesondheidsministerie soek deel van dobbel- en sondebelasting vir verslaafdes

Die gesondheidsministerie sê hy wil ‘n deel hê van die inkomste wat deur die tesourie ingesamel word uit dobbel- en sondebelasting. Die ministerie voer aan dit verdien om ‘n gedeelte van die inkomste te kry soos bepaal in die tabak- en dobbelwette, vir berading en rehabilitasie van verslaafdes van alkohol, dwelms en dobbel. Die hoof-maatskaplike werker in die ministerie Geraldine Kanyinga sê hulle werk onder geweldige druk weens beperkte finansiële hulpbronne om die kwessie van depressie, verslawing en dwelmmisbruik aan te spreek. Sy sê buurlande Suid-Afrika en Botswana se gesondheidsdepartemente kry voordeel uit sondebelasting.