B2Gold se afleggings kom in fases soos myn sluit

B2Gold Otjikoto-myn, die land se grootste goudprodusent, gaan hierdie maand met die vrywillige aflegging van 300 werknemers begin. Die myn het verlede jaar sy planne aangekondig om ‘n gefaseerde sluiting van oop mynbou weens uitgeputte ertsreserwes te begin, maar dit het nie die aantal werkers bekend gemaak wat geraak gaan word nie. Dit was omdat konsultasies met belanghebbendes toe nog aan die gang was. Eric Barnard, die hoofbestuurder van B2Gold Namibia, het aangekondig dat die afdanking van werkers in fases sal plaasvind.