Rugby: Junior Bokke draf vandag teen Ierland uit

Rugby: Die Junior Springbokke kom vanmiddag in die Athlone-stadion in Kaapstad teen Ierland te staan in die eerste halfeindwedstryd van die onder 20-Wêreldkampioenskap. Die hoofafrigter van die Junior Bokke, Bafana Nhleko, het sy span wat Argentinië verlede week met 24-16 gekop het, vir vandag se wedstryd behou. Die kragmeting begin om halfvyf. Frankryk en Engeland pak mekaar om sewe-uur vanaand in die tweede halfeindstryd. Die eindstryd is volgende Vrydag.