Wenkbroue lig oor Switsersland by Sky Shield wil aansluit

Switserland het ‘n verklaring van voorneme onderteken om by die Europese Lugverdediging-stelsel, Sky Shield, aan te sluit. Switserland het vroeër al plek-plek met die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie saamgewerk vir vrede, onder meer in Kosovo waar hy ‘n bataljon as deel van die vredesmag gehad het. Hy het ook tot ontsteltenis van die Russiese regering die Europese Unie se sanksies teen Rusland gesteun. ‘n Aantal regsgesinde politici is egter bekommerd dat Switserland ‘n stap te ver gegaan het om by Sky Shield aan te sluit.